Lize
My blogs
| Gender | Female |
|---|---|
| Location | Pretoria, Gauteng, South Africa |
| Introduction | 'n Ontnugterde, middeljarige, pigment gestremde vrou uit die middelklas van Suid-Afrika. Kliniese tegnoloog voor die befaamde aankoms van SEB en toegewyde opvoeder voor die fatale toediening van OBE tot ons onderwysstelsel. Te reguit vir korporatiewe deelname, maar genadiglik verstaan ek darem hoe werk mense se koppe! Ek is nie 'n rassis nie, maar verpes dit dat die raskaart gespeel word in elke speletjie in ons land en reg oor die wêreld. Ek het nie ere lidmaatskap tot die "women's lib" nie, maar het 'n hekel in mans wat hulle verbeel dat hulle beter is as vrouens net omrede hulle meer testosteroon het. Ek glo nie aan kinderregte nie! Kinders het voorregte en hulle misbruik dit in elk geval nege uit tien kere. Ek loop nie met enige religieuse boek onder my arm nie, so moet nie vra of aanbied om vir my te bid nie. Is ek 'n Boer? Seker nie, want ek het Joodse bloed in my are gemeng met nugter weet wat nog. Gelukkig nie genoeg om my 'n vervolger van Palestyne te maak nie en ook nie genoeg om my 'n aanhanger van Sionisme te maak nie. O, en ek besit ook nie 'n bank nie. Jammer. |
| Interests | Sielkunde, Gnostisisme, Filosofie, Fisiologie en hemelse Kos!! |
| Favorite movies | Ek is hopeloos TE kieskeuring, maar The Matrix Trilogie was fantasties. Paradise Road met Glenn Close, As it is in Heaven en Out of Africa is ongetwyfeld my absolute gunstelinge. Jammer dat Hollywood so 'n erge stremming is vir ware kuns in die rolprentbedryf! |
| Favorite music | Klassiek, Klassiek, Klassiek!! |
| Favorite books | Te veel, te min tyd. |

