Kosbare Pêrels vir Jesus

My blogs

About me

Gender Female
Industry Religion
Location Atherstone, Warwickshire, United Kingdom
Introduction Die pêrel is die enigste juweel wat deur ’n dier gemaak word; die meeste ander word uit die grond gehaal. En terwyl mineraaljuwele hard is en gewoonlik lig weerkaats, is pêrels sagter en word lig sowel geabsorbeer as weerkaats. Dit maak hulle glimmend. Die diertjie wat vir hierdie kunswerk sorg, is die nederige oester. Die mooiste pêrels word gemaak deur die pêreloester Margaritifera van die tropiese seë. Die pêrels self is nie heilig nie, maar word gebruik om die kosbaarheid van die hemelse en ewige dinge af te beeld. Ek gaan in Kosbare Perels nie vir julle preek nie maar net my gevoelens uiter asook my lewensreise oor die jare heen. Dit word altyd gedoen met die wete dat dit gepaard gaan met die bediening van die Gees in ons harte. Sodoende lei dit tot ‘n meer intieme verhouding met die Vader, en met die Seun en met die Heilige Gees. Godsdiens le my baie na aan die hart en as kind is ons groot gemaak dat jy die Here jou God moet liefhe met jou hele hart en met jou hele siel. Die waarheid van Jesus Christus is so lieflik dat dit u net kan bring in 'n lewensveranderende aanbidding.
Interests Om die Woord van God te verkondig oor die internet en om lekker resepte met almal te deel.
Favorite Music Afrikaans