Anna F
My blogs
| Gender | Female |
|---|---|
| Industry | Education |
| Location | South Africa |
| Introduction | Onderwyser in die oggend, ma van 4 in die middag ,lui kok, huisvrou en lover in die aand , pastoriemoeder in die agterkop en soms n ongeredigeerde ek. Lief vir lees , lees , lees en my eie humor. |
| Interests | Ek is net 'n gewone mens wat 'toevallig' met 'n predikant getroud is. En soms 'n uitlaatklep nodig het om die lewe te hanteer. Dis vandaar die blog. Ek wonder soms wat my intereseer in die lewe omdat 'n ma baie keer in survival mode is. Ek lees baie. Ek dink baie oor die lewe. Ek stap baie as ek nie lui is nie.. Ek hou van my nou en dan koffie met 'n goeie vriendin of met my man. Ek orden graag my huis alhoewel dit gewoonlik 'n waste is. Wat wil jy nog weet? En o ja , Ek is gek oor die Britse koninggesin en lees alles oor hulle of mis nie 'n tv program oor Britse monargie nie. Ek hou van geskiedenis. Ek is n kranige sportkyker, Vasgenael voor Tour de France , Olimpiese Spele , Wimbledon, enige atletiek en kyk rugby saam gesin. Het die wêreldbekersokker baie geniet. Nog iets? |
| Favorite movies | Shaw Shank Redemption , Julia & Julie , The Reader , The Queen , The Duchess , The Buckett List , Nottinghill , Shall we dance en al die ou Afrikaanse movies. |
| Favorite music | Ek is uiters ongeletterd as dit by musiek kom. Rustige musiek maak my kalm en stem my in regte stemming vir skryf. Dit maak my kop oop. Ek luister selde na woorde van 'n lied. Die melodie praat met my. My dogter het vir my 'n lys van my gunsteling liedere op rekenaar gemaak. Maar as ek iets moet uitsonder sal dit Leonard Cohen wees , Sommige liedjies van Coenie de Villiers , Elvis Blue en sal nog dink wie nog.. |
| Favorite books | Daar is baie. Fiksie is skrywers soos Jeffrey Archer , Sydney Sheldon , Ken Follet , Francine Rivers . Afrikaans is almal wat skryf behalwe die wat te literêr vir my is om te verstaan. Ek lees graag biografieë soos bv Black and White van Jake White en tot die slapband Afrikaanse boekies wat Desember saam Sarie uitgegee word. Op geestelike gebied is daar Philip Yancey wat skryf vir mense soos ek. |
