Leon Visser
My blogs
| Gender | Male |
|---|---|
| Location | Velddrif, Western Cape, South Africa |
| Introduction | Ek beskou myself nie as ’n skrywer nie, maar ek het ’n liefde vir stories—om hulle te lees, te skryf en te vertel. Ek geniet veral die werk van skrywers soos C. Johan Bakkes en Dana Snyman, met hul skerp satire en die manier waarop hulle waarheid met humor verweef. Dis ’n styl waarin ek my eie stem graag eendag wil vind. Ek skryf nie met ’n gehoor in gedagte nie - my stories is vir myself. Dis fiksie, ja, maar gewortel in werklike ervarings en waarnemings. Al lees niemand dit ooit nie, bly dit my waarhede, my opinies... en basta met die res. Digkuns het later jare na my toe gekom, amper sonder dat ek dit verwag het. Waar stories beplan en geswoeg en harde werk vra, vloei gedigte natuurliker. As ek twee name moet uitlig wat my inspireer, is dit D.J. Opperman en Boerneef - hulle gedigte resoneer by my, maar daar is baie ander “nuwe” digters wat net so talentvol is en waaghalsig is. Mense soos Steve Hofmeyr, Toast Coetzer en Danie du Toit van Spoegwolf is baie inspirerend. My stories en gedigte voel vir my soos veld stof na ‘n lang reis, as dit ooit sin maak. |
| Interests | Misdaad, politiek & mense en hulle dinge |
| Favorite movies | The Godfather, Heat, Braveheart, Scent of a Woman |
| Favorite music | Rock, Jazz, Blues & Klasiek |
| Favorite books | Nie-fiksie & Outobiografieë |

