Ananda Viljoen

My blogs

About me

Gender Female
Introduction Ek het baie lank in my lewe gedink God kyk die heeltyd wat ek verkeerd doen om my uit die hemel te hou want soos my seuntjie eendag opgemerk het, ons is nie net goed nie. Die een trauma na die ander wat ons as gesin beleef het waarvan ek by die dood omgedraai het, en ons God se ingrype en voorsiening beleef het, leer ons Hom ken as die God van wonders en meer en meer as Vader wat ons so lief het dat Hy alles in Sy vermoƫ doen om ons in die hemel te kry, Hy het selfs Sy Seun gestuur. Dis hoe lief Hy ons het. Ek verstaan nie altyd waarom dinge gebeur nie, maar ek het geleer ek kan Sy hart vertrou. Ek het amper gesterf sonder Jesus. Na my siekbed wys Jesus my niemand se saak is maar net reg met Hom sonder wedergeboorre nie, al het jy in die kerk grootgeword. Ek wou nie langer net van Hom weet nie,ek wou Hom nie in 'n Sondag boksie plaas nie. Ek wou Hom elke oomblik dien. Die Here wat ek leer ken het in ons woestyne verdien soveel meer van my. Ek wil nie net' n bewonderaar wees nie ek wil 'n volgeling wees. Ek wil GAAN VERTEL wat Hy vir ons doen en wie Hy is.