VLV Sirkel Tygerberg
My blogs
| Introduction | Dit is ‘n vroue organisasie vir persoonlike groei wat aan sy lede die geleentheid vir persoonlike vooruitgang en diens aan die gemeenskap bied. Dit stel die lede in staat om ‘n gesonde gesinslewe te lei, effektief aandag te skenk aan behoeftes in die gemeenskap en om diens te lewer in hierdie verband. Die vereniging bied interessante maandelikse programme aan deur middel van praatjies, demonstrasies, debatvoering, uitstallings, opvoerings, besprekings by vergaderings, asook georganiseerde opvoedkundige uitstappies oor Kunste en Handvlyt, Gesondheid, Opvoeding en Kultuur, Leefstyl, Openbare Sake en Landbou en Tuinbou. |
|---|
