Barry Vosloo
My blogs
| Gender | Male |
|---|---|
| Industry | Education |
| Occupation | Retired teacher |
| Location | Bela Bela, Limpopo, South Africa |
| Introduction | My volle name is Barend Jacobus Vosloo. Ek is op 2 September 1940 in Pietermaritzburg, Natal, gebore en is na my oupa aan vaderskant vernoem. Ek het hierdie familiegeskiedenissie in 1983 begin skryf nadat my belangstelling geprikkel is deur inligting wat 'n neef van my pa, oom Andries Vosloo van Somerset-Oos, aan hom gestuur het. Daarna was ek gelukkig genoeg om nuttige gegewens vanuit verskeie bronne te verkry. Die eerste vier hoofstukke handel oor die Vosloos se voorgeskiedenis soos dit op my van toepassing is, dit wil sê stamvader Joannis (Jan/Johannes) Vosloo wat tussen 1680 en 1691 in Kaapstad voet aan wal gesit het, die Vosloo-stamregister, kommandant Paul Jacobus Erasmus (my oupagrootjie en oupa Ben se skoonvader), oupa Ben (Barend Jacobus Vosloo). Daarna berig ek oor my oupa aan moederskant, ds. W. J. Esterhuysen, oor my ouers en ten slotte oor my en my gesin. Laasgenoemde dateer ek jaarliks op. Ek maak nie aanspraak op volledigheid nie en dis moontlik dat die inligting wat ek tot my beskikking gehad het, nie in alle opsigte korrek is nie. |

